Syndicate content

Praise en Worship Diens!

Om die kwartaal af te sluit en vir Ferreira dankie te sê (ja, hy gaan weg :(), hou ons 'n Praise en Worship diens Sondag 24 Augustus! Kom ervaar God in sang en worship! Dit begin, soos al die eredienste, 19:00.

Help uit by MES

Ons kort mense om MES uit te help deur kinders tussen Gr.1 en Gr.8 met hul huiswerk te help. Dit's van 18 Augustus , elke middag tussen 14:00 en 16:30 vir twee weke.

Kom by Chantelle (082 929 4839) uit as jy belangstel!

Leiersvergadering

Ons het die 13e Augustus die laaste Leiersvergadering vir die huidige BR. Ons gaan bietjie praat oor wat die afgelope jaar gebeur het, oor die veranderinge en dinge wat aangaan in die kerk, en kyk na wat ons kan doen om volgende jaar nog beter te maak!

Nuwe BR Voorsitters!

Dits vir ons lekker om te kan sê dat die StudenteKerk 'n stunning nuwe voorsitter duo het! Ja, ons het besluit ons gaan vir volgende jaar twee persone aanstel om die StudenteKerk verder te lei: Baie geluk Kideo en Zhanel!

Aansoeke vir die BR sluit 20 Augustus. As jy belangstel, kom by Antoinette, Kideo of Zhanel uit!

Openbaring Bybelstudie

As jy graag meer wil weet oor Openbaring, of sommer net mense soek saam met wie jy oor Openbaring kan praat, daar's n bybelstudie Dinsdae van 20:00 ‐ 21:00 in Kruinsig.

Kom by Lauren (082 745 1262) uit vir meer info!