StudenteKerk Bedieninge

Inligting oor al die StudenteKerk se bedieninge kan hier gekry word. Click net op die bediening se naam! As jy graag wil betrokke raak in die kerk, maar nie iets hier onder sien wat jou interesseer nie, kontak ons gerus, en ons maak 'n plan!
  • Eredienste
    Die weeklikse samekoms van die StudenteKerk
  • Kleingroepe
    Kleingroepe, of selle, is waar jy saam met ander mense kan praat oor God, geloof, spiritualiteit, basies enige iets! Dit's gewoonlik tussen 4 en 12 mense groot, en kom bymekaar waar en wanneer die kleingroep pas.
  • Mannegroepe
    Mannegroepe is vir ouens wat graag as 'n man van God wil leef.
  • Gebedsondersteuning
    Een van die kragtigste bedieninge wat 'n persoon op sy eie kan hĂȘ is gebed. Dit is nog soveel kragtiger as 'n Kerk saam bid.
  • Uitreike
    Deel van God se wil vir Christene is dat hulle moet uitreik na ander mense, nie net met Sy woord nie, maar met diens en liefde ook. Die StudenteKerk gee jou die kans om die deel van jou Christenskap op baie plekke te gaan uitleef.
  • Uitstappies en Kampe
    Kampe en goeters sommer net vir die pret
  • Musiek
    Wie hou nou nie van Musiek nie? Kom dien God en die StudenteKerk deur in die band te speel, met die powerpoints te help, of klank te doen!
  • Kunste
    Kom raak kreatief deel van die StudenteKerk
  • Finansies
    Ja, glo dit of nie, maar Finansies is ook 'n bediening! Raak deel van die bestuur van die StudenteKerk se finansies.
  • Tegnies
    Die Tegniese span onderhou die website, help met die klank, help met powerpoints, bemeester Nethack...
Deel van