Reply to comment

Cum Boeke - Mei 2008

Nog 'n paar boeke van CUM af. WEN "Die Vriendskapsfaktor"! SMS net jou naam en email adres na 083 511 7932, of email dit na diehok@studentekerk.org.za.

Die volledige beskrywings van die boeke is onder aan die bladsy in Word formaat.

CUM Uitgewers
Die Vriendskapsfaktor
Die Vriendskapsfaktor Amper almal wil aanvaar word en betekenisvolle verhoudings handhaaf met die mense rondom hulle. Die kernbestanddeel van enige verhouding is vriend-skap, want dit is die bestanddeel wat warmte en omgee verskaf. Uit vriendskap word liefde gekweek. Die vriendskapsfaktor is ’n gids wat aan lesers wys hoe om ’n warmer, meer liefdevolle persoon te wees, iemand wat beter kommunikeer en weet hoe om spanning in verhoudings op te los.
90 Minute in die Hemel
90 Minute in die Hemel Terwyl hy een oggend ná ’n konferensie huis toe ry, sterf dominee Don Piper in ’n motorongeluk nadat hy teen ’n vrag­motor bots wat in sy baan ingery het. Vir die volgende 90 minute ervaar Don die wonder van die hemel waar hy die mense ontmoet wat sy gees­telike lewe beïnvloed het. 90 minute in die hemel is ’n wonderlik inspi­re­ren­de ware verhaal wat mense wêreld­wyd ’n kykie gee op die onnoembare hemelse saligheid.
Gebed
Gebed “Here, leer ons bid,” het die dissipels vir Jesus ge-vra. En eeue later vra ons steeds dieselfde vraag. Gebed is ’n gids oor gebed wat ’n verskeidenheid aspekte van hierdie belangrike geloofshandeling van nader bekyk en die leser se lewe sal verryk deur ge-bede van gelowiges en bekendes deur die eeue heen.

Reply

  • Web page addresses and e-mail addresses turn into links automatically.
  • Allowed HTML tags: <a> <em> <strong> <cite> <code> <ul> <ol> <li> <dl> <dt> <dd>
  • Lines and paragraphs break automatically.

More information about formatting options