Die StudenteKerk is 'n jong groep mense wat God wil dien met hul hele lewens, en soveel moontlik fun daarby wil hê!
Enige goeie student droom nou al van die Junie vakansie. Droom bietjie sinvol en gaan op 'n vakansie uitreik! Die skietlyste is op by die uitreik leiers.
Vir enige verdere inligting oor enige van die uitreike, kontak gerus vir Amarie 084 584 7499
Ons kort mense om MES uit te help deur kinders tussen Gr.1 en Gr.8 met hul huiswerk te help. Dit's van 18 Augustus , elke middag tussen 14:00 en 16:30 vir twee weke.
Kom by Chantelle (082 929 4839) uit as jy belangstel!
Ons gaan wel oor die langnaweek 'n erediens hê. Dit sal dan ook die laaste een wees vir die semester.
Gewone tyd, gewone plek, 19:00 by die StudenteKerk.
Lus om te kuier, te lag, koffie te drink, games te speel, rond te loop, of, eintlik net plein weg studente te wees? Kom hou saam met ons gemeente naweek, 16 tot 18 Mei! Dit's alles rondom kampus, en jy kan pick en choose, so jy't nie 'n verskoning nie!