Melville Kruisgemeente het die naweek wat verby is 'n gemeentekamp gehou met die idee dat gemeentelede mekaar beter leer ken, en net sommer om vet pret te hĂȘ! Die StudenteKerk het natuurlik saam gegaan...
Ons het by Kwaggasrus net verby Brits gekamp, die ouer mense met hule (baie!) kinders in die een kamp, en die mense jonk van gees (basically almal wat nie kinders op die kamp gehad het nie!) het in die jag kamp gebly.
Daar is tot laat aand gekuier en gedans, lekker geeet, 'n Amazing race van soorte gehou, gemoan oor die muskiete (daar was erg baie!), maar ook lekker saam gepraat oor God en wat dit beteken om deel te wees van die kerk.
Dankie Ben en Elise vir 'n erg kewl kamp!