Meer oor die StudenteKerk

Die StudenteKerk is 'n jong groep mense wat God wil dien met hul hele lewens, en soveel moontlik fun daarby wil hê!

Die StudenteKerk is deel van die Melville Kruisgemeente, en vorm deel van die Kruisgemeente se jongmens bediening. Alhoewel die studente van destydse RAU, nou UJ, die fokus was van die StudenteKerk in die verlede, is ons fokus deesdae meer op die jongmense van Melville en die areas om Melville.

Die bedieningstyl is jonk, dinamies en baie energiek, met 'n plekkie vir almal. Ons maak ook seker dat ons nie net intern fokus nie, maar ook uitgaan na die gemeenskap en die wêreld daar buite om God se woord uit te dra.

Ons glo dat as jy 'n passie het vir iets en as God dit op jou hart gelê het om iets te doen, moet jy die ding vat en hardloop, en probeer ons gemeentelede aanspoor om deel te wees van die verskillende bedieninge. Die leierskorps van die StudenteKerk bestaan so ook uit die verskillende bedieningsleiers en koshuisverteenwoordigers.

Kyk gerus rond op die webwebf of kontak ons om meer uit te vind!

Deel van