Cum Boeke - April 2008

Ons gaan elke nou en dan Boeke van CUM op die webwerf bekendstel. Daar sal ook later kompetisies wees waar jy boeke en goete kan wen...

Die volledige beskrywings van die boeke is onder aan die bladsy in Word formaat.

CUM Uitgewers
Die A-Z van Openbaring
A-Z van OpenbaringBelangstelling in die boek Openbaring het die af­ge­lope dekades geweldig toegeneem. Die nuwe tegno­logie, voortdurende oorloë, hongersnode, aardbe­wings, oorstromings en aardverwarming laat al meer mense wonder of ons in die eindtyd leef; daarom soek hulle die antwoorde in Openbaring. In Die A-Z van Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van die boek Openba­ring.
Die Eenjaarboodskap
Die EenjaarboodskapOntmoetings met God is kosbare oomblikke in ’n mens se lewe. Dit is veral in ons stiltetyd, wanneer ons stil word met sy Woord en sy boodskap vir ons hoor dat ons verhouding met Hom verdiep. Die Eenjaarboodskap met oordenkings kombi­neer die volledige teks van Die Boodskap se Nuwe Testament met ’n oordenking vir elke dag. So sal jy vir 366 dae ’n inniger stiltetyd saam met die Here deurbring en Hom ook beter leer ken deur sy Woord.
Die Bybel in 40 dae
Die Bybel in 40 daeDie Bybel is God se padkaart vir gelowiges op hulle lewensreis. Wie in die lewe op die regte plek wil uit­kom, moet daardie padkaart getrou volg. Die Bybel in 40 dae deur topverkoper-outeur Jan van der Watt gee vir lesers ’n oorsig oor die span­nende verhaal en die aangrypende boodskap in die Bybel.
ByvoegingGroote
Die A-Z van Openbaring187.5 KB
Die Eenjaarboodskap429.5 KB
Die Bybel in 40 dae603 KB