Gistraand se Preek Powerpoint (17 Aug 2008)

jrgns's picture

Vir die wat gistraand dalk dele van die preek gemis het, hier is die powerpoint vir die preek.

As gistraand se semi-chaos jou frustreer het, lees verder om uit te vind hoe jy kan help...

Die punt van die hele preek reeks/boek wat ons nou doen, is dat ons saam moet werk om die wêreld om ons 'n beter plek te maak. As een of twee mense die heeltyd moet rond hol en alles doen, gaan dinge eventually in chaos verander, en die arme twee mense gaan hulself dood werk.

Dit beteken ook nie dat almal alles moet doen nie, net dat jy moet doen wat jy kan, waar jy kan. As jy sien dat die verwarmer nie werk nie. Sit hom af, of maak hom werk. As jy sien daar is spelfoute in die liedjies, bied aan om dit reg te maak vir elke Sondag. As almal iets klein bydrae, dan kan ons 'n groot verskil maak.

So, ek challenge jou. As jy iets kan doen, enige iets, laat weet vir Antoinette of Kideo, en hulle sal seker maak jy kry 'n plek waar jy kan bedien!

Sterkte!

ByvoegingGroote
Saam is ons beter week 4455 KB