Syndicate content

Uitreike

Deel van God se wil vir Christene is dat hulle moet uitreik na ander mense, nie net met Sy woord nie, maar met diens en liefde ook. Die StudenteKerk gee jou die kans om die deel van jou Christenskap op baie plekke te gaan uitleef.

Julie Uitreike

Sterkte aan al die Julie uitreike!

As jy graag wil deel word van die gebedsketting, kontak vir Chantelle by 082 929 4839.

Kyk hier vir info oor die uitreike.

Uitreike Julie 2008

Enige goeie student droom nou al van die Julie vakansie. Droom bietjie sinvol en gaan op 'n vakansie uitreik! Die skietlyste is op by die uitreik leiers.

Maria Kloppers Uitreike

Maria Kloppers is 'n tehuis vir veral klein kinders en babatjies wie se ouers nie na hulle kan kyk nie. StudenteKerk gaan een keer 'n week soontoe om liefde en aandag vir die kinders daar te gee.

Abraham Kriel Uitreike

Die StudenteKerk gaan kuier een keer 'n week by die Abraham Kriel kinderhuis om vir die kinders daar bietjie liefde te gee, te help met huiswerk, en lekker saam games te speel.

Botswana Uitreik!

Die StudenteKerk reik die vakansie weer uit na die Boesman gemeenskap in Inalegolo! Ons gemeente het jarre terug 'n kerkie vir die mense gebou, en is nogsteeds betrokke in die mense se lewens.