Syndicate content

Weeksuitreike

Daar is baie nood in die omgewing om ons, daarom probeer ons as StudenteKerk om weekliks by kinderhuise en minder bevoorregtes in ons area uit te kom.

Maria Kloppers Uitreike

Maria Kloppers is 'n tehuis vir veral klein kinders en babatjies wie se ouers nie na hulle kan kyk nie. StudenteKerk gaan een keer 'n week soontoe om liefde en aandag vir die kinders daar te gee.

Abraham Kriel Uitreike

Die StudenteKerk gaan kuier een keer 'n week by die Abraham Kriel kinderhuis om vir die kinders daar bietjie liefde te gee, te help met huiswerk, en lekker saam games te speel.